HS Stellenbosch leerder pak Okovango-Vasbyt aan
Anné Lesch, van Hoërskool Stellenbosch, het in Desember 2021 die wonderlike voorreg gehad om saam met Andries Erwee en die Temba-groep op die Okovango-vasbyt te gaan. Sy sê dat dit moontlik die ergste twee weke van haar lewe was, maar beslis een van die beste ervaringe van haar lewe. Dit het haar geleer van vasbyt en deurdruk. Wat haar die meeste beïndruk het, was dit wat sy van die natuur en haarself kon leer. Sy het ook geleer dat ‘n klein verskil dalk ‘n groot impak op iemand se lewe kan maak. Sy wil elke graad 10 en 11-leerder aanmoedig om die avontuur aan te pak. Dis beslis die ‘suffer’ werd!