HS Strand skaak leerders by Wes-Kaap Skole Skaaktoernooi
Twee van ons leerders het vanaf 6 tot 8 Mei aan die Wes-Kaap Skole Skaaktoernooi in Mosselbaai deelgeneem. Isabella Jaap het WP o.18-dogters en Duane Lombard WP o.15-seuns verteenwoordig. Dit is ‘n uitsonderlike prestasie om aan hierdie toernooi deel te neem. Baie geluk, Isabella en Duane. Hoërskool Strand is trots op julle.