Hoërskool Strand muurbal uitslae
Met groot opgewondenheid het vyf van Hoërskool Strand se muurbalspanne op Vrydag, 27 Mei, na Ceres vertrek. Daar het ons te staan gekom teen ons gedugte teenstanders, Charlie Hofmeyr. Na ‘n dag se spanningsvolle en skitterende spel, tree ons as wenners uit die stryd. Uit die agt wedstryde wat gespeel is, wen ons ses wedstryde oortuigend. Baie geluk aan ons muurbalspelers.