Laerskool Stellenbosch kwartaal 2 uitblinkers
Laerskool Stellenbosch kwartaal 2 uitblinkers:
Skaakprestasie
Ons leerders het op Saterdag, 14 Mei, aan Rhenish se skaaktoernooi deelgeneem en het uitstekend gevaar. Baie geluk aan Mia Maart wen silwer (o.14), David van Lill wen goud (o.12) en Adriaan Roux wen silwer (o.12 ).

Skaakprestasie
Netbal
Wes-Kaap Netbal Celeste Boucher (o.12) en Jenna Von Zeuner (o.13) is beide in hul onderskeie Wes-Kaap netbalspanne opgeneem. Baie geluk, ons is trots op julle!

Wes-Kaap Netbal
Redenaars
Ons is geweldig trots op die groot hoeveelheid leerders wat hierdie jaar aan die semi-finale rondte, by Hoërskool Bellville op, 18 Mei deelgeneem het. Baie geluk aan Julia Barry (gr. 7) wat 9de in die Wes-Kaap met haar redenaars geëindig het. v.l.n.r. Ilke Krügel (gr. 4), Sophia van den Bergh (gr 6), Rebekkah Schoeman en Julia Barry (beide gr. 7), Jada Venter (gr. 5) en Katerien Fourie (gr. 6) voor: Hannah Kemp (gr 5).
Koor
Die Seniorkoor het Donderdag, 12 Mei, by die “Kô lat ons sing” koorfees , by Hoërskool Stellenbosch opgetree . Dit was ‘n pragtige geleentheid en ons is trots op elke koorlid wat deelgeneem het.

Skool Koor
Wintersportdag