Teenspoed word omgesit in medaljes vir Hoërskool Strand
Teenspoed word omgesit in medaljes vir Hoërskool Strand. Nege van die Arend-toutrekkers het op Donderdag 23 Junie saam met die senior toutrekkers van die Helderberg-klub vertrek om aan die Suid-Afrikaanse Klub Kampioenskappe in Pretoria deel te neem. Aanvanlik het sake nie so goed verloop nie: die bus het tussen Somerset-Wes en Stellenbosch gebreek, ‘n band van een van die waentjies het gebars en daar was ‘n misverstand met die verblyfreëlings. Ten spyte van al hierdie terugslae, is die medaljes ingeryg:
Die uitslae is soos volg:
- 540kg dames – goud
- 500kg dames – brons
- 500kg o.23 dames – silwer
- 560kg mix – goud
- 580kg mix – brons
- 640kg presidentliga – goud

Andre van Rooyen, Nina Esterhuysen en Schalk van der Merwe
Die Helderberg-klub eindig aan die einde van hierdie kompetisie tweede in die WP. Na hierdie kompetisie het die “ capping”-geleentheid van die nasionale spanne ook plaasgevind. Melizza van der Merwe is in die Suid-Afrikaanse Protea-span (SA Springbokspan) opgeneem en Nina Esterhuysen in die SA Gazelle span (SA B-span). Altwee gaan Suid-Afrika van 14- 18 September by die Wêreldkampioenskap in Holten, Nederland verteenwoordig. Melizza trek in die groen en goud en gaan Suid-Afrika teen ander lande verteenwoordig. Nina gaan vir Suid-Afrika aan die ope klub kampioenskappe deelneem.

Nina Esterhuysen

Melizza van der Merwe

Deelnemers aan SA’sAgter: Blaze Bosch, Zack Barnard, Brendan van Rooyen, Francois Uys Voor: Melizza van der Merwe, Nina Esterhuysen, Misha Goosen, Mia Meyer, Marconette Els
Albei afrigters, Schalk van der Merwe en Zounica van der Merwe, is ook in van die Protea-spanne opgeneem. Andre van Rooyen, die laerskoolafrigter, is in die Gazelle-span opgeneem. Oudleerders Zounika van der Merwe, Tara Kruger, Rico Thiart, Elandré Kemp en Steffie Visser (Sheppard) het ook hulle Prorea-kleure ontvang. Wat hierdie geleentheid nog meer spesiaal maak, is dat Melizza, Zounica en hulle pa, Schalk van der Merwe, al drie in die Protea-groep is.

Foto’s van die dames se goue medaljes