Paul Roos Gimnasium Tennisspelers vaar uitstekend
Paul Roos Gimnasium Tennis was die afgelope naweek in aksie by Tennis Suid-Afrika se BNP Paribas se Rising Star Tennistoernooi. Die o.16A en o.16B-spanne het deelgeneem aan die Distrikstoernooi en het onderskeidelik 1ste en 3de geëindig in.
Die PRG o.16A-span het Boishaai A in die finaal met 3-0 geklop en o.16Bs het Boishaai B met 2-1 geklop vir die 3de plek. Die A-span is Willem de Waal, Pieter Kotze, Xander Pienaar en Divan Prinsloo. Die B-span is Christiaan Cronje, Melt van As, Milan Strydom en Tristan Damseaux. Die A-span dring deur na die Provinsiale Toernooi in September.

o.16A-wenspan met medaljes v.l.n.r.: Swannie Swanepoel (Afrigter), Xander Pienaar, Divan Prinsloo, Pieter Kotze en Willem de Waal.