Paul Roos Gimnasium Laser Run atlete presteer
Paul Roos Gimnasium se kampioen in skerm, swem, pistoolskiet en hardloop. Uitslae van die 2022 SA Nasionale moderne vyfkamp en vierkamp (tetrathlon) kampioenskappe asook die 2022 SA Nasionale Laserpistoolskiet-hardloop kampioenskappe wat van 24 tot 26 Junie 2022 in Pretoria Plaasgevind het.
Uitslae van die 2022 SA Nasionale vierkamp (tetrathlon) kampioenskappe.
Seuns o/17 Wilan Basson ( Skerm / 200 meter swem en gekombineerde pistoolskiet x 4 keer en 800 meter hardloop x 4 keer sonder rus tussen al die disciplines). Wilan verwerf die goue medalje as die nuwe 2022 o/17 SA-Vierkampkampioen.
Uitslae van die 2022 SA Nasionale Laserpistoolskiet-hardloop kampioenskappe.
- Luke Morton (o.15) 11de plek.
- Mattijs Machtelinckx (o.17) 8ste plek en kwalifiseer vir die SA-span na die wêreld-kampioenskappe in September 2022 te Lisabon, Portugal.
- Wilan Basson (o.17) 6de plek en kwalifiseer vir die SA-span na die wêreld-kampioenskappe in September 2022 in Lisabon, Portugal.
- Peter Boyes (o.19) silwer medalje en kwalifiseer vir die SA-span na die wêreld-kampioenskappe in September 2022 in Lisabon, Portugal.

v.l.n.r: Mattijs Machtelinckx (o/17), Luke Morton (o/15), Coenie van Vuuren (Meesters), Wilan Basson (o/17), Peter Boyes (o/19).