Paul Roos Gimnasium vs Wynberg Boys’ High School
Paul Roos Gimnasium skop die derde kwartaal se wintersportprogram af op ‘n hoë noot. Die afgelope naweek het Paul Roos op tuisgrond teen Wynberg Boys’ High School meegeding. Die Paul Roos-sportmanne was in top vorm en het hul teenstaanders oortuigend geklop. Volledige uistlae is aangeheg.
In totaal is negentien rugbywedstryde gespeel teen WBHS met 926 punte aangeteken teenoor WBHS se 100 punte. Die eerstespan wen 32 – 17. Tien hokkiewedstryde is gespeel met 47 doele aangeteken deur PRG teenoor 4 van WBHS. Die o.14A, o.16A en o.19A-spanne van beide skole het in die Cape Town International Hockey Festival deelgeneem en sal op ‘n later stadium meeding. Vyf sokkerwedstryde is gespeel met ‘n totaal van 6 doele elk aangeteken deur onderskeidelik PRG en WBHS.