Paul Roos Gimnasium staan sterk teen Oakdale Bulle
Paul Roos Gimnasium staan sterk teen Oakdale Bulle. PRG het op 31 Julie teen Oakdale gaan kragte meet op Riversdal. Altesaam 19 wedstryde het tussen Oakdale en PRG plaasgevind waarvan PRG 17 keer aan die wenkant was. Harde rugby is deur die loop van die dag gespeel en PRG moes hard werk om oorwinnings te behaal teen begeesterde Oakdale spanne. Die hoogtepunt van die dag was die eerstespan se wedstryd waar die PRG-span met 13-3 koning gekraai het.
Fotokrediet: Charmaine Sander