Hoërskool Strand leerders verwerf medaljes by ESKOM-Ekspo
Hoërskool Strand leerders verwerf medaljes by ESKOM-Ekspo. Michelle Pretorius en Armand Smit, beide in gr. 12, het op 4 Augustus aan die ESKOM-Ekspo vir Jong Wetenskaplikes se Stellenbosch-streekafdeling deelgeneem. Hulle verwerf ‘n silwer medalje vir hul projek, “Fuel Efficiency”. Nadine Pretorius en Hanré Coetzee verwerf by dieselfde kompetisie ‘n goue medalje vir hul projek, “UV, Lupus and A Little Bit of Sunshine”. Hierdie twee gr. 9-leerders het ook die prys vir die beste junior projek in die afdeling Biomediese en Mediese Wetenskappe gewen. Hoërskool Strand is trots op hierdie jong wetenskaplikes. Nogmaals geluk!

Armand Smit en Michelle Pretorius

Nadine Pretorius en Hanré Coetzee