Paul Roos VS Grey College: Paul Roos Gimnasium o.19 A
Kom ondersteun die eerstespan rugby Saterdag 20 Augustus om 14:00 op Markötter:
AWSUM het met hul afrigter, Corne Uys gesels:
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Die manne sal die Maroon trui met trots dra, met deursettingsvermoe speel, en opponente met respek hanteer.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Die span se krag le in hulle samehorigheid en spangees. Individue wat die span se belange eerste stel.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Die moeilikste aspek is om aanhoudend vir die seuns balans te gee en ‘n holistiese benadering te handhaaf.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Skole rugby was nog altyd sterk…Die sisteem sit wel ekstra druk van bo af want die spel raak al hoe meer professioneel en Unies sit ‘n groter fokus op junior strukture.
Hier is die 0.19A rugbyspan van Paul Roos Gimnasium:

Andreas Oosthuizen (flank)

Cameron Miell (slot)

Christoff de Bruyn (heelagter)

Herman Lourens (flank – kaptein)

Justin Levine (vleuel)

Liam Stander (skrumskakel)

Luca Reuter (senter)

Luke Graham (vleuel)

Phillip Groenewald (senter)

Reno Hirst (stut)

Reuben Noble (losskakel)

Ryan Jack (stut)

Sampie Joubert (slot)

Seth Haddad (haker)

Wilbur Loubser (stut)

Wyatt Strydom (agsteman)
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.