Hoërskool DF Malan leerder presteer by Talent Africa-Kompetisie
Daniël Vorster het in 2021 aan die Nasionale Talent Africa-Kompetisie deelgeneem en 4 goue medaljes vir sang gewen. Die goue medaljes het SA-kleure aan Daniël besorg en hom in staat gestel om as ‘n verteenwoordiger van FPASA (Federation of Performing Arts SA), aan ‘n internasionale kompetisie, geborg deur Fiestalonia Milenio in Spanje, deel te neem. By hierdie kompetisie slaan Daniël ‘n silwer medalje los. Daniël het ook ‘n rol in ‘n kort-film losgeslaan, wat hopelik eersdaags vrygestel gaan word. Baie geluk, Daniël!