Hoërskool DF Malan bergfiets uitslae
Op 30 Junie was daar twee daar twee fietsry wedrenne waaraan ons bergfiets leerders deelgeneem het. Hulle het baie goed presteer by die verskillende resiese. Henco Conradie het eerste gekom in sy ouderdomsgroep by die Cycle2Ride resies. Daar het ‘n paar leerders aan die Rooibos2Muisbos resies deelgeneem. Vir die 55km afstand is hulle uitslae as volg:
Kayleigh Scholtz het 2de gekom en Emogene Prinsloo het 3de gekom in die Junior Women afdeling. Jana Visser het 5de gekom in die Youth Women afdeling. Alec Coleské het 2de gekom in die Junior Men afdeling. Ruben Devenish het aan die 30km resies deelgeneem, hy het 9de gekom in die Youth Men afdeling. Baie geluk aan elkeen wat so goed gery het!