Hoërskool Ermelo ruiter presteer by SA-kampioenskap van SA Boerperde
Hoërskool Ermelo ruiter presteer by SA-kampioenskap van SA Boerperde.Simoné Jacobsz het deelgeneem aan die SA Boerperde se Suid-Afrikaanse-kampioenskap in Parys te Afridome. Sy behaal gedurende die kampioenskap tien eerste plekke, vier tweede plekke, een derde plek asook een vyfde plek. Simoné het met drie verskillende perde deelgeneem en die Erries sowel as Calela-stoet se naam hoog gehou. Sy het in elke afdeling waaraan sy deelgeneem het, as “Die Kampioen van Kampioene” uitgestap. Baie geluk, Simoné. Dit is voorwaar besondere prestasies.