Hoërskool Ermelo-gholfers vaar goed tydens MPU-liga
Hoërskool Ermelo-gholfers vaar goed tydens MPU-liga. Hoërskool Ermelo se C-gholfspan het op Maandag 1 Augustus aan die Mpumalanga Skolegholfliga-finaal te Walker Park Gholf Klub, Evander, deelgeneem.
Rynard Herholdt, Leo Luyt, Zané du Plessis en Ziné Jacob speel op die dag goeie gholf en dra as volg punte tot hul span by: Herholdt 35; Jacob 34; du Plessis 33 en Luyt 27. Dit gee hul ‘n spantotaal van 102 punte en besorg aan die Erries die derde plek in Mpumalanga. Baie geluk aan al hierdie spelers. Die Erries is ongelooflik trots op julle.

Voor links staan Zané du Plessis en langs haar Ziné Jacob
Agter links is Rynhard Herholdt met Leo Luyt regs.