Erries presteer uitstekend tydens Natal-swemkampioenskap
EHS is besonder trots op die vier Erries wat aan die swemkampioenskap van Natal deelgeneem het. Kwalifikasie vir dié kampioenskap is gegrond op die swemmers se prestasies deur die loop van die 2021/2022 swemseisoen.
Dick Rouillard in graad 8 neem deel aan die Level 3 swemkampioenskap, wat op sigself ’n groot prestasie is.
Louis Rouillard, graad 11, het gekwalifiseer vir die Level 2 swemkampioenskappe, maar kon ongelukkig nie gaan deelneem nie.
Celine Hamman in graad 10 en Cules Hamman in graad 8 neem beide deel aan die Level 2 swemkampioenskap en behaal die volgende plekke:
- Celine behaal twee tweede plekke in onderskeidelik 200m individuele wisselslag en 100m borsslag.
- Cules behaal ’n eerste plek in 50m rugslag, ’n tweede plek in 100m borsslag en ’n derde plek in 100m vlinderslag.
Baie geluk aan hierdie Erries met uitmuntende prestasies. Dit is voorwaar iets om op trots te wees.