Hoërskool Ermelo skuts wen streekskompetisie
Hoërskool Ermelo skuts wen streekskompetisie.Die Errie-skuts het besonder goed gevaar tydens die streekskompetisie wat op Morgenzon plaasgevind het. Die skietspan van EHS stap as wenners van die streekskompetisie weg! Die tellings wat deur die Errie-skuts geskiet is is as volg: Dehandri Morkel: 1372, Pieter de Beer: 1357, Altus Boshoff: 1297 (pb), Marla de Jager: 1239, Elrize du Preez: 1128 en Jessica Ashmead: 1081. Twee laesrskool-leerders skiet as deel van die Erriespan: Reinhardt de Beer skiet 1093 en Danie Geldenhuys skiet 1067 (pb). Baie geluk aan die skuts met kolskoot-tellings en die oorwinning van die streekskompetisie. EHS is trots op elkeen.

(vlnr):Altus Boshoff, Jessica Ashmead, Dehandri Morkel, Elrize du Preez, Marla de Jager en Pieter de Beer