Hoërskool Ermelo atlete ryg plekke in by Landloop-liga
Hoërskool Ermelo atlete ryg plekke in by Landloop-liga.Tydens die tweede landloop-liga het die Errie-atlete merkwaardige plekke behaal. In die seuns o.15-groep eindig Prince Nkosi eerste en Mark Human derde. By die dogters o.15 behaal Esmari Kloppers ’n eerste plek en Khwezi Gumede ’n derde plek.
- Bongmusa Vilakazi eindig eerste by seuns o.17.
- Mia Steenkamp behaal ’n eerste plek by dogters o.17.
Baie geluk aan elke seun en dogter met uitstekende deelname en plekke wat behaal is. EHS is trots op julle!

Voor (vlnr): Esmarie Klopper, Mia Steenkamp en Khwehzi Gumede Agter (vlnr): Mark Human, Bongmusa Vilakazi en Prince Nkosi