Hoërskool Volksrust gholfspeler ingesluit in Mpumalanga-span
Drian ingesluit in Mpumalanga-span
Baie geluk aan Drian du Plessis, leerder van Hoërskool Volksrust en lid van die Volksrust Gholfklub, wat onlangs ingesluit is in die Mpumalanga Junior Golf Foundation span. Drian is slegs in graad 9 maar verteenwoordig Mpumalanga as deel van die o.17 seuns gholfspan.

Graad 9A1, Drian Du Plessis
Drian het deelgeneem aan die Inter Provincial Quadrangular Tournament aangebied deur Ekurhuleni te ERPM Gholfklub en ook deelgeneem aan die Inter Provincial Quadrangular Tournament aangebied deur Mpumalanga te Mbombela Gholfklub. Baie geluk aan hierdie seun vir sy seleksie en deelname. Hoërskool Volksrust is baie trots op hom.