Hoërskool Hans Strijdom rugbyseuns verkies tot verskeie spanne
Baie geluk aan Waldo Hoffmann en Ludolf Pretorius wat verkies is vir die 0.14 Verre-Noord Rugbyspan wat aan die Bokkieweek gaan deelneem vanaf 4-8 Julie 2022 te Kroonstad.

Waldo Hoffmann en Ludolf Pretorius
Hoërskool Hans Strijdom se 0.16 rugbyseuns is ook verkies vir die Verre-Noord Rugbyspan om tydens die Bokkieweek in Kroonstad te gaan deelneem.

Voor: Brendan Davey, Marnus van der Walt, Henrico van der Colff en Victor van Dyk
Agter: Ewald Immelman, MP de Wet, Matthew Eberwein en Willie Vermaak
Pieter (Koedoe) Harmse en Lewalt Ferreira is verkies tot die Limpopo span wat aan die Grant Khomo week gaan deelneem. Janco van der Walt is verkies tot die Limpopo span wat aan die Akademie week gaan deelneem.

Pieter (Koedoe) Harmse en Lewalt Ferreira