HS Warmbad hokkie teen HS Nylstroom
Warrie hokkie meet kragte in die finaal met Hoërskool Nylstroom!
Die afgelope naweek het die Warries na Hoërskool Pietersburg gereis. Daar het hulle ‘n hokkiewedstyd teen Hoërskool Nylstroom gaan speel vir die Limpopo finale. Die Warries eindig tweede in Limpopo vir Medium skole hokkieliga en sal verseker by Noordvaal gesien word vir verdere uitspele.
Die Warries se 1ste hokkiespan en afrigters wil graag al hul borge, ouers en ondersteuners uit hul harte uit bedank, vir hul ondersteuning tydens die 2022-hokkieseisoen.
Voorspoed aan al die spelers en afrigters vir die voorbereiding van Noordvaal. Die Warries glo in julle!
Borge:
- Build It (Hoofborg)
- KFC
- Dagbreek
- Greg Brooker
- NTK
- Nylsvlei Game
- Hi-Tap Bolt en Tool
- AfriTech

Voor v.l.n.r – Mamokele Chiloane, Daniel Verster en Neo Nhlapo.
Agter v.l.n.r – Karla du Plessis, Mekayla Erasmus, Bianca van der Walt, Frances de Jonge (kaptein), Megan Prinsloo (o/kaptein), Carmien de Beer, Mnr. Van Reenen Cloete (afrigter), Carla Barnard, Nelene Mostert, Talisha Roos en Brenda Fourie.
Afwesig in foto: Karli Brooker en Kaylee Brent-Meek.