Laerskool Bosveld is gerat vir die toekoms
Laerskool Bosveld het die amptelike opening van ons Robotika Sentrum op Woensdag 25 Mei 2022 gehad. Hierdie opwindende geleentheid was bygewoon deur Me Mabotja en Me Ledwaba van ons Kring wat die Departement van Onderwys verteenwoordig, asook belanghebbendes van Eskom en Exxaro. Dit is ‘n voorreg om uitdagings aan te pak deur geleenthede vir ons leerders te skep en hulle ‘n voorsprong in die lewe te gee. Terwyl ons, ons leerders vermaak en opgewonde hou om deur middel van spel te leer, leer ons hulle ook vaardighede en maak hulle gereed vir die toekoms.