LS Bosveld netbal Limpopo uitspele
Op 11 Junie 2022 het die netbaldames saam met die o.12 en o.13 spelers van Laerskool Bosveld Primary die pad Polokwane toe aangepak na ‘n suksesvolle seisoen om hul merk by die uitspele te gaan maak.
Die uitspeel wedstryde, wat te PHS in Polokwane plaasgevind het, asook die toeskouers was verseker bewus van die Bossies se teenwoordigheid. Elke speelster het hul goed van hul taak gekwyt en Laerskool Bosveld Primary se afrigtingspan trots gemaak.
Laerskool Bosveld Primary het voorwaar hul netbal-seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit!