Laerskool Tzaneen swemmers skop die seisoen af
Laerskool Tzaneen swemmers skop die seisoen af. Die eerste ouderdomsgroep gala vir die 2022/2023 seisoen het plaasgevind op Saterdag, 4 Junie, te Bela-Bela. Verskeie Larrie swemmers het deelgeneem. Mari Bruwer het aan vyf items deelgeneem en het ‘n tyd van 45,27s in die 50m Vlinderslag opgestel. Inge du Plessis het ook aan vyf items deelgeneem en het ‘n tyd van 3:58,64s in die 200m Individuele Wisselslag opgestel. Marny du Plessis stel ‘n tyd van 3:09,92s in die 200m Individuele Wisselslag op, sy het ook aan vyf items deelgeneem. Riazé Haynes swem drie items en stel ‘n tyd van 51,27s in die 50m Vryslag op.