Hoërskool Ben Viljoen bedank graag die volgende borge
Hoërskool Ben Viljoen bedank graag die volgende borge: Tyremart Groblersdal (Mnr Henmar Jacobs) vir die borgskap van ons nuwe personeelhempies. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om met trots julle naam op ons rug te dra en te weet dat die gemeenskap stap-vir-stap saam met ons groei. Nogmaals dankie!

Foto: Mnr John Smith (Skoolhoof) & Mnr Henmar Jacobs (Tyremart)
Netbal bedank borge
Ons 1ste Netbalspan bedank graag Dal Workwear sowel as Master Wheels Groblersdal vir die skenk van hulle onderskeie rugsakke en sportsakke. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om bande te smee met gemeenskapslede. Dankie vir u volgehoue ondersteuning wat ons van krag-tot-krag laat groei.

Foto: v.l.n.r: Inelle Niemann, Sihle Sithole, Leané de Wet, Carla Roesch, Lehlogonolo Ntobeng, Vinette du Plessis, Karmie Janse van Rensburg en Massie Seloane