Hoërskool Ben Viljoen ruiter presteer
Ameli Groenewald het op 5 Junie 2022 deelgeneem aan die Western Shoppe Gauteng Kampioenskappe wat by Kyalami Park plaasgevind het. Sy neem deel aan die J1.10m klas met die perd, Luigi di Cantero, waar sy ‘n 5de plek in Gauteng verwerf. Baie geluk Ameli Hoërskool Ben Viljoen is baie trots op jou!