Stellenberg VS Durbanville: Hoërskool Stellenberg o.19A rugbyspan
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 20 Augustus om 13:55 op die STB A Rugby veld:
AWSUM het met hul afrigter, Divan Batt , gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Interskole is altyd `n gelykopstryd en ons glo hierdie jaar gaan dieselfde wees as die vorige jare. Ons het baie om voor te speel op ons tuis veld na die verloor in 2019.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Stellenberg is `n gebalanseerde span. Ons gesindheid, dissipline en “effort” (werksetiek) is baie belangrik vir ons. Dit is belangrik om net so hard te werk sonder die bal, as met die bal.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Tyd. Om die seuns die nodige tyd in die gimnasium te gee, tyd op die oefenveld om voortebereid te wees vir die wedstryde en dan ook genoeg tyd voor die boeke te gee, is `n moeilike taak.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Ek dink die geleenthede wat Varsity Cup en Shield vir die spelers bring om na skool te kwalifiseer vir vol beurse of `n kontrak by `n unie, maak die kompitisie sterk in skole rugby. Toernooie soos Noord-Suid en Wildeklawer gee die spelers ook vroeg in die seisoen baie blootstelling by die unies en universiteite.
Hier is die o.19A rugbyspan van Hoërskool Stellenberg.

Aiden Muller (k) Skrumskakel

Chad van Wyk Regtervleuel

Damian Markus Binnesenter

Damon Pereira Flank

Daniel Kennon Flank

Gideon Anderson Buitesenter

Herman Lubbe Vaskopstut

Jayson January Heelagter

Josh Lillistone Haker

Kobus Verster Agtsteman

Skye Watkins Loskopstut

Stiaan Grobbelaar Slot

Tommie Smook Losskakel

Ughan Africa Linkervleuel

Wessel Joubert ok Flank
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.