Stellenberg VS Durbanville: Hoërskool Durbanville o.19A rugbyspan
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 20 Augustus om 13:55 op die STB A Rugby veld:
AWSUM het met hul afrigter, Peter Schutte, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Na twee jaar se afwesigheid van Interskole dink ek dit gaan ‘n klipharde stryd wees. Die span wat op die dag die druk die beste gaan hanteer, gaan die span wees wat wen.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ek kan glad nie spelers in hierdie jaar groep nie uitsonder nie, ek dink 1-15 doen hulle primêre werk goed en dit is juis deel van ons resep.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
In die geval van Interskole sal dit wees om die spelers se fokus op die spel te hou en nie op als wat om hulle aangaan in die week vooraf nie. Afrigting in hierdie tydperk neem dalk 5% op, maar die bestuur van spelers neem die meeste tyd op.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Skole rugby is al vir die afgelope 10 jaar nie meer skole rugby nie. Party skole is meer professioneel as van die groter unies in ons land se junior – spanne. Alles gaan oor om top kwaliteit afrigters by jou skool te kry en natuurlik die beste spelers in jou omgewing na jou skool te kry.
Hier is die o.19A rugbyspan van Hoërskool Durbanville.

1 FC van Niekerk Loskopstut

2 Hough Joubert Haker

3 Franko van Wyk Vaskopstut

4 WP Humphries Slot

5 Liam Baird Slot

6 Marnus Terblanche Flank

7 Ruan Agenbag Flank

8 Jevon Thomas Agsteman

9 Monray Daars Skrumskakel

10 Khirwin Erasmus Losskakel

11 James Nero Linkervleuel

12 Denver van Wyk Binnesenter

13 Wihan Vorster (k) Buitesenter

14 Steven Briel Regtervleuel

15 Jayden Nell Heelagter
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.