Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Suid-Natal se hoofdogter vir 2022
Op die AWSUM rusbank met Hoërskool Suid-Natal se hoofdogter: Leandrie Nel
Baie geluk met jou verkiesing as hoofleier by jou skool. Waarna sien jy die meeste uit tydens jou tydperk as leier by jou skool? Om Suid-Natal na hoër hoogtes te neem.
Wat sou jy sê is jou sterk- en swakpunte?
- Sterkpunte: Dinamies en Hardwerkend
- Swakpunt: Perfeksionisties
Is daar enige iets wat jy graag sou verander by jou skool? Ek sal meer geesbou aktiwiteite by die skool inbring.
Wat geniet jy die meeste van jou skool? Die passievolle onderwysers en verskeidenheid sportsoorte.
Matriek is jou laaste jaar- van ‘n akademiese oogpunt, wat sal jy graag wil bereik? Ek wil matriek slaag met 5 onderskeidings en Dux-leerling wees.
Enige boodskap van aanmoediging vir jou mede-leiers? Dit word nie makliker nie, ons word net sterker.
Wie is jou rolmodel? My ma.
Wat is jou planne vir na skool? Ek wil studeer vir ‘n rekenmeester.
As jy ‘n super-hero kon wees, wie sou dit wees en waarom? Wonder Woman, omdat sy altyd na die waarheid en geregtigheid streef.
Op ‘n normale Saterdag, sal ons jou kry by… saam met… By my huis langs ‘n braaivleisvuur saam met familie.
Wie is jou Hollywood ‘celeb crush’? Noah Centineo.
Kies een:
- Netbal, rugby, krieket of hokkie? Hokkie
- Cappuccino, warm sjokolade of tee? Warm sjokolade
- Braai saam met vriende of ‘n wegneemete? Braai saam met vriende
- Vir ure lank jou gunsteling TV-reeks kyk of ‘n musiekfees bywoon? ‘n Musiekfees bywoon
- Andriod of iOS? iOS