[Onderhoud] Wihan Vorster: o.19A rugbykaptein van Hoërskool Dubranville
AWSUM het met Wihan Vorster, Hoërskool Durbanville se o.19A rugbykaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover? Ek sal sê dit was om in 2019 die Interskole te wen en in die jaar moet dit definitief ons Helpmekaar wedstryd wees en veral laas naweek se Bishops wedstryd.
Hoe motiveer jy jou span? Ek probeer my bes om `n voorbeeld te stel, positief te bly en ten alle tye op, en van die veld af, hard te werk.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by? Hough Joubert, ek en hy is op die selle bladsy. Ons altwee soek dieselfde sukses vir die span en deel ook die liefde vir die sport.
Hoe is die samestelling van die span vir Interskole? Enige beserings? Ons het deur die jaar geweldig gesukkel met beserings, maar op die stadium lyk dit darem asof daar nie veel is nie – die manne se gesindheid is reg.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ek dink die hoofdoelwit vir elke span is seker om jou eie Interskole te wen, dis tog waarnatoe mens werk deur die jaar.
Wat is jou planne vir die toekoms? Op hierdie oomlik is my plan definitief studies. Ek sal graag wil studeer en `n graad kry en tussen dit alles deur is dit my plan om steeds, op `n manier, my liefde vir die sport op een of ander manier te wys op, of langs die veld.
Klik hier vir die o.19A rugbyspan van Hoërskool Durbanville.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn weergawe.