Stellenberg VS Durbanville: Hoërskool Durbanville o.19A netbalspan
Kom ondersteun die eerstespan Saterdag 20 Augustus om 11:15 op die STB Baan 1:
AWSUM het met hul afrigter, Leoné Theron, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Die skool en ouers kan definitief verwag om ‘n span op die baan te sien wat vir niks en niemand terugstaan nie. Die span is reg om met sportmanskap en veggees kragte teen Stellenberg te meet.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê beslis in die feit dat ons as ‘n eenheid speel. Elke speler gee haar hele hart vir die span en gun mekaar die kans om tot die beste van haar vermoë te speel. Die span deel in mekaar se geluk én hartseer. Dit maak van hierdie jaar se Eerste Netbalspan beslis waardige opponente.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Ek dink die moeilikste aspek van ‘n afrigter se taak is om aan die verwagtinge van alle betrokke rolspelers te voldoen en terselfdetyd die belange van die span as ‘n geheel eerste te plaas. Spelers en ouers spandeer baie tyd en energie aan die sport waarvoor hulle so lief is. Dit is nie maklik om elkeen se verwagting te bestuur nie.
Hier is die o.19A netbalspan van Hoërskool Durbanville.

Amoné Wessels

Ané le Roux

Carna Theron K

Danielle Pretorius

Daniëlle Roux O_K

Isabella Steyn

Leri du Bois

Lienka Serfontein

Zoë Esterhuyse
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.