[Onderhoud] Karu van der Vyver: o.19A netbalkaptein van Hoërskool Stellenberg
AWSUM het met Karu van der Vyver, Hoërskool Stellenberg se o.19A netbalkaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Die hoogtepunt van ons jaar sover was ons laaste wedstryd teen Kempton Park by die Affies – toernooi. Ons was agter met sewe doele en het op die ou end met goeie spanwerk met een doel gewen. Die aanmoediging van mede-Stellies het dit nog meer spesiaal gemaak.
Hoe motiveer jy jou span? Ek glo ek is ‘n ‘lead by example’ mens. My voorbeeld van harde werk en selfmotivering is hoe ek my span motiveer.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Olivia. Ons speel saam as verdedigers. Tussen die 4 lyne van die netbalbaan is ons op ons gelukkigste, maar is ook baie goeie vriendinne van die baan af. Ek kon nie wens vir ‘n beter onderkaptein nie.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings? Ons is hierdie jaar geseënd om geen beserings te hê nie. Om Interskole te wen sal vir ons ‘n groot hoogtepunt wees. Ek dink na al die ure se harde werk en oefen is ons dit vir onsself verskuldig.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag Sportwetenskap gaan studeer en kyk waar my passie vir netbal my bring.
Klik hier vir die o.19A netbalspan van Hoërskool Stellenberg.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.