[Onderhoud] Lisa Kömmer: o.19A Dogtershokkie Kaptein van Hoërskool Durbanville
AWSUM het met Lisa Kömmer, Hoërskool Durbanville se o.19A Dogtershokkie Kaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Dit was die wedstryd teen een van die top skole van die premier liga, St Cyprians. Ons het ons harte uitgespeel en ons het vir mekaar gespeel. Ons het gelykop 1-1 geëindig.
Hoe motiveer jy jou span? Vir my is dit belangrik dat elke spanlid weet dat ons vir mekaar speel en dat ons wil opskuif na die Premierliga toe, dus doen ons dit vir die jonger spanne ook. Elke meisie weet wat om te doen.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Jana Wessels is die onderkaptein. Ons is al jare lank vriende en sy ken my deur en deur. Waar ek ophou praat vat sy oor. Ons vul mekaar ook baie goed op die veld aan.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings? Ons het ‘n span wat redelik baie seniors het, maar wat ons die trotste maak is die vier Graad 9’s. Hulle het as skaam meisies in die span ingekom en so gegroei en ontwikkel dat hul spel net van krag tot krag gaan. Ons kan hul omtrent nie meer stil kry by die oefeninge nie.
Wat wil jul as span bereik en sal jou trots maak? Ek en die matrieks in my span sal baie graag die legacy wil agterlaat dat ons weer in die Premierliga kan speel. Ons het nog ‘n paar wedstryde oor en ons glo dat dit binne ons bereik is. Wat my sal trots maak is as elke dogter aanhou om haar beste te gee en dat ons as ‘n span saam speel.
Wat is jou planne vir die toekoms? Wel, ek is baie lief vir hokkie en sal aanhou speel na skool. Ek sal ook wil terug gee aan WP hokkie en as my studies dit toelaat, graag volgende jaar as ‘n bestuurder en dan ook eendag as afrigter intree en ook by Hoërskool Durbanville kom afrig. Op ‘n persoonlike noot gaan ek ‘n graad in BCom Rek studeer.
Klik hier vir die o.19A Dogtershokkiespan van Hoërskool Durbanville.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.