[Onderhoud] Mari Blom: o.19A Dogtershokkie Kaptein van Hoërskool Stellenberg
AWSUM het met Mari Blom, Hoërskool Stellenberg se o.19A Dogtershokkie Kaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover Defnitief die Cape Town International Hockey Festival. Ons het 4de uit 24 spanne geëindig.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer my span deur my passie wat ek toon vir ons span.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Ons onderkaptein is Jemma de Wet. Ek was baie bevoorreg om een van my beste vriendinne langs my te gehad het hierdie seisoen. Jem is nie net ‘n ongelooflike hokkiespeler nie, maar bied ook vir my die beste ondersteuningstelsel.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings? Alhoewel ons ‘n paar beserings gedurende die seisoen gehad het, was ons nog nooit so reg vir ‘n opponent nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons mik om ‘n goeie fondasie vir die toekomstige Stellie – hokkiespelers agter te laat en ook om ons skool trots te maak, deur die jaar op ‘n hoë noot te eindig.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil graag Argitektuur by UCT of SEA Academy studeer en ‘n meestersgraad voltooi.
Klik hier vir die o.19A hokkiespan van Paul Roos Gimnasium.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.