Laerskool Oranje-Noord sport nuus
Rugby:
Baie geluk aan Christoffel le Riche en Daniel Luttig van Laerskool Oranje-Noord. Hulle is gekies vir die o.13 Griekwaland-Wes rugbyspan. Hulle gaan in Krugersdorp aan die Cravenweek gaan deelneem.
Sven Els en Liam van der Merwe is gekies vir die o.12 Griekwaland-Wes rugbyspan. Hulle sal in Klerksdorp aan die nasionale o.12 week gaan deelneem.
Netbal:
Laerskool Oranje-Noord se o.13A en o.12A netbalspanne is Nr. 1 in die ZF Mgcawu distrik. Tydens die liga wedstryde van die seisoen het hierdie spanne al hul wedstryde oortuigend gewen en eerste in die streek geeïndig. Hulle gaan deur na die Noord-Kaap uitdunne wat 16 Junie plaasvind waar hulle sal meeding teen die ander streekwenners van die provinsie. Daar word die beste tweespanne per ouderdomsgroep gekies om aan die Suid-Afrikaanse Skole netbaltoernooi deel te neem. Baie geluk!
Hokkie:
Zandri van den Berg is hierdie kwartaal verkies tot die o.12 Noord-Kaap dogters hokkiespan tydens die proewe wat in Kimberley gehou is. Sy gaan aan die o.12 provinsiale hokkiefees deelneem wat tydens die Junie-vakansie plaasvind. Baie geluk met hierdie prestasie!

o.13A rugbyspan

Su-Marie Kotze

Miré Nieuwoudt

o.12A netbal: Mekayla Mans, Carla Hanekom, Zandri van den Berg, Maja Kotze, Miré Nieuwoudt, Mischa Venter, Tasha Engelbrecht, Lanelle Nel, Charlotte Mathewson.

o.13A netbal: Zanne van den Heever, Emily van As, Anchen Roos, Kara van der Colff, Mia Lubbe,
Su-Marie Kotzé, Joné Burger, Ina Andrianatos, Denike Jansen van Vuuren.

Zandri van den Berg