Groot Interjol: Hoërskool Duineveld o.19A rugbyspan
Kom ondersteun die eerstespan rugby Saterdag 13 Augustus:
AWSUM het met hulle afrigter Stefan van Wyk gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Groot Interjol te wagte wees van julle span?
`n 110% poging en passie.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê in ons broederskap en in ons spankultuur.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Om nie weggevoer te raak in die emosie van mense nie, maar gefokus te bly op jou spelers.
Skole rugby word al hoe meer professioneel, hoe bly mens voor die kompetisie?
Jongmense bly jongmense… dit moet altyd pret bly tesame met spankultuur en basiese vaardighede.
Hier is die 0.19A rugbyspan van Hoërskool Duineveld.

Voor Ettien Havenga, AJ Wiese (k), Stefan van Wyk, Jandre Marais (ok), Ruan Venter Middel Shomaro de Klerk, DJ Wandrag, Freddie Collen, Wyndham Bouwer, Stefan Klindt, Janrich Agenbag, Wian Joubert Agter Alwyn Kotze, Malan Geldenhuys, Michael Coetzee, Ean le Roux, Gert-White Grobbelaaar, Juan Agenbag
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.