Groot Interjol: Hoërskool Upington o.19A
Kom ondersteun die eerstespan rugby Saterdag 13 Augustus:
AWSUM het met hulle afrigters Riaan Kotze en Gerhard Visser gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie interskole van julle span te wagte wees?
Ons is ‘n jong span, met baie juniors, so ons gaan ‘n aantreklike brand rugby probeer speel, en hulle gaan `n span sien wat sal bloei vir sy skool en nooit sal ophou nie.
Waar sou julle sê lê julle krag hierdie jaar?
Baie van die span kom van o.14 af saam, so ons samespel is definitief een van ons sterkpunte.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Om emosie uit afrigting te haal, mens ontwikkel nie net spelers nie, maar jong mans wat die wêreld moet ingaan. Vir ons is ‘n goeie gedissiplineerde seun wat die wêreld kan ingaan, belangriker as ‘n goeie speler.
Skole rugby word al hoe meer professioneel, hoe bly mens voor die kompetisie?
Mens moet nooit jou eie identiteit verloor nie. Ons bou nie net spelers, maar goeie jong mans. Om rugby op tv te kyk, speel ook ‘n groot rol om op hoogte te bly van die nuuste tendense.
Hier is die 0.19A rugbyspan van Hoërskool Upington.

Emlyhn Jacobds – Nr. 10

Franco Odendaal – Nr. 4

Jaco Fourie Nr. 8

John Joshua Steenkamp – Nr 15

Khayalenkosi Maganga – Nr. 14

LJ Kotze – Nr. 2 Kaptein

Macniell Hendriks – Nr. 13

Murry Louw Nr.-7

Neil Pedro – Nr. 9

Niel Visser – Nr. 1

PA Karsten – Nr. 5

Phenyo Masegela – Nr. 16

Shaldon Cloete – Nr. 12 (onderkaptein)

Siphe Msebenzi – Nr. 11

Sipho Li ingi – Nr. 6

Vrele du Toit – Nr. 3
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.