[Onderhoud] Rico Calitz : o.19A Seunshokkie Kaptein van Hoërskool Durbanville
AWSUM het met Rico Calitz, Hoërskool Durbanville se o.19A Seunshokkie Kaptein gesels oor Interskole.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Ons het Outeniqua 2-1 in die doodsnikke van die wedstryd gewen, op hul tuisgronde voor die grootste skare wat ons al ooit gehad het! Dit was verseker ons grootste hoogtepunt van hierdie jaar.
Hoe motiveer jy jou span? Deur ‘n voorbeeld te stel, nie net op die veld nie, maar van die veld af en seker te maak dat ek my beste gee, sodat my span ook hul beste gee maak nie saak watter situasie dit is nie.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Jacobus Smuts. Hy ondersteun my in al my besluite en help om saam met my die span te lei, aangesien ek ‘n forward is en hy ‘n verdediger. Dit maak dit makliker om kommunikasie reg deur die span te kry gedurende ‘n wedstryd.
Hoe is die samestelling van die span vir die Interskole? Enige beserings? Die samestelling van die span is gebalanseerd en bestaan uit ‘n mengsel van matrieks, graad 11’s en graad 10’s. Dis goed dat daar manne is wat deurkom, want ons mik om die Premierliga te maak. Ons speel goed as ‘n span saam en ons het manne wat lekker hokkie kan speel. Wat beserings betref het ons ‘n gebreekte gewrig en gelukkig niks anders wat ernstig is nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Die span se doelwit aan die begin van die jaar was om Interskole te wen en te kan kwalifiseer vir die Premierliga aan die einde van die jaar.
Wat is jou planne vir die toekoms? Om te gaan studeer en hopenlik so tussendeur bietjie hokkie te kan speel.
Klik hier vir die o.19A seunshokkiespan van Hoërskool Durbanville.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.