Groot Interjol: Hoërskool Duineveld o.19A netbalspan
Kom ondersteun die eerstespan netbal, Saterdag 13 Augustus.
AWSUM het met hulle afrigter, Madré Steyn gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Hierdie is ‘n uitsonderlike jaar vir die Chillies – netbalspan wat bestaan uit ses matrieks in die groep van tien. Die span is uitgehonger vir gesonde kompetisie en goeie netbal na die twee jaar van geen sport of Interskole nie. Van hierdie speelsters het in graad 8 laas ‘n Interskole gehad, so hulle wil beslis hul hoërskoolloopbaan van netbal op ‘n hoë noot afsluit. Hou hierdie span dop, hulle is reg om ALLES te gee!
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Die Chillies se krag lê beslis in hul “commitment” teenoor mekaar, hul span en hul skool. Ons motto is “Alles of niks” en ons probeer dit regtig uitleef. Ons het vir onsself hoë doelwitte gestel, en ons gee alles om dit te bereik.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Ek dink die moeilikste aspek van ‘n skole afrigter is om altyd te onthou dat jy met kinders werk en nie met volwassenes nie. Jy as afrigter rig nie net af nie, jy is steeds besig met ‘n opvoedingsproses en om kinders gereed te maak vir die wêreld daar buite. Rig af met jou kop én jou hart, nie net jou kop nie.
Hier is die 0.19A netbalspan van Hoërskool Duineveld.

Voor Melaine du Toit, Mianke Burger (k), Madré Steyn (afrigter), Beané Compion, Sylene Terblanche Agter Beneatha Barnard, Chané Steyn, Summari van Deventer, Cornel Slabber, Marli Janse van Rensburg, Joané Visser
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.