Groot Interjol: Hoërskool Duineveld o.19A Hokkiedogters
Kom ondersteun die hokkiespanne Vryda 12 en Saterdag 13 Augustus.
AWSUM het met hulle afrigter, Charmaine Nel gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Ons wil hierdie jaar net ons beste gee – alles daar op die veld los – “no regrets”.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê in die feit dat ons nooit opgee nie.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Die moeilikste aspek van afrigting is genoeg tyd. Dit is moeilik, veral by die senior spelers, om tussen ekstra klasse en akademie nog genoeg aandag aan hulle sport ook te gee.
Hier is die o.19A hokkiedogters van Hoërskool Duineveld.

Voor Aneli Groenewald (o/k), Theo Visser, Eljani Louw (k), Charmaine Nel (afrigter), Twané de Beer Middel Crystal Daude, Dorette Hanekom, Emae Fourie, Mia Louw, Lara vd HEEVER, Elizma Reyneke, Leoney Olivier. Agter Annique v Wyk, Corlene Maass, Mikkie Kotzé, Megan Viljoen, Mia Oberholzer, Ina-Mari Nel
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.