Groot Interjol: Hoërskool Duineveld o.19A hokkieseuns
Kom ondersteun die seunshokkie Vrydag 12 en Saterdag 13 Augustus:
AWSUM het met hulle afrigter, Pieter Jooste gesels:
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Die ouers kan verwag dat die span met elke wedstryd sal verbeter en dat die seuns te alle tye goeie ambassadeurs van Duineveld sal wees, weerspieël deur hulle gedrag beide op, en van die veld af. Die seuns sal hulle beste in elke wedstryd gee en die ouers sal na elke wedstryd kan sien dat die spelers se tenks leeg is, en dat hulle alles gegee het wat hulle kon.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons krag lê in die feit dat ons as ’n span kan saamwerk. Daar is nie supersterre in die span wat die spel oorheers nie, maar daar is wel ’n span vol spelers wat vir mekaar speel en mekaar ondersteun. Die span het geleer om genot uit elke faset van hokkie te kry, wen of verloor geniet hulle die sport van hokkie vir dit wat dit aan hulle kan bied. As gevolg van hierdie benadering, het hulle ’n goeie spangees gebou en waardeer hulle mekaar as spanmaats.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Vir my is die moeilikste aspek van skole sport afrig om die kinders die regte perspektief te leer oor sportdeelname. Daar word na my mening nog steeds te groot klem op ‘wen ten alle koste’ gelê. Ek voel dat die druk wat op kinders geplaas word om te wen, buite verband geneem word, en daarmee verloor hulle die genot wat sport kan gee. Ek probeer om ’n liefde vir sport, in hierdie geval hokkie, by my kinders te kweek, wat hulle vir die res van hulle lewens sal bybly. My siening oor sport is: “Wen maak nie saak nie… maar die WIL om te wen, doen wel!”
Hier is die 0.19A seunshokkiespan van Hoërskool Duineveld.

Voor Adrian Joubert (O/K); Barend du Plessis (K); Pieter Jooste (afrigter); Jandre Kellerman (O/K); Phillip Strauss (DW)
Middel Charles Feris; Michael van Zyl; Christiaan du Plessis; Robert van der Merwe; Gehan Engelbrecht
Agter Wynand Theron; SJ Corbett; Joric Dége; Christiaan Steenkamp; Phillip Strauss
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.