Groot Interjol: Hoërskool Upington o.19A hokkieseuns
Kom ondersteun die seunshokkie Vrydag 12 en Saterdag 13 Augustus:
AWSUM het met hulle afrigter, SD Botes gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span?
Verseker harde, sowel as goeie hokkie. Ons is ‘n hegte span wat al ‘n tydjie saam kom, so almal is met die sisteem vertroud en toegewyd om sy beste te gee.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
In die feit dat ons as ‘n eenheid speel. Elke speler verstaan sy rol en bring sy kant. Ook in die feit dat ons speel om die skool se naam hoog te hou.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Dit sal wees om konstant ‘n hoë vlak te behaal in ag genome seuns wat inkom en uitgaan. Soms moet jy in ‘n baie kort tydjie ‘n hele nuwe sisteem vir ‘n nuwe span aanleer.
Hier is die 0.19A seunshokkiespan van Hoërskool Upington.

Dappie vd Ryst

Francois Jeppe (Kaptein)

Gabriel Coetzee

Janko Botma

Jano Kuhn

Jano Malan

Jayden Vries

Johan Kriek

Johan Maritz

John-Dre Rooi

Joshua Hendricks

Migael vd Colff

Nico vd Westhuizen

Rique Slabbert

Travino Timotheus

Wilhelm van Staden
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.