[Onderhoud] LJ Kotze: o.19A rugbykaptein van HS Upington
AWSUM het met LJ Kotze, Hoërskool Upington se o.19A rugbykaptein gesels oor Groot Interjol.
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
In 2019 is ek gekies vir die o.16 Valke – span en tot dusver is dit in ‘n persoonlike hoedaanigheid my hoogtepunt. Vir ons as span was dit ‘n baie onsekere twee jaar waar ons slegs vier wedstryde in twee jaar gespeel het, so vir ons is dit ‘n hoogtepunt om ons talente op die veld hierdie jaar uit te leef.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek is nie ‘n ou van baie woorde nie, maar my span weet ek sal heel voor staan as ons moet oorlog toe gaan.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Shaldon (Gimba) Cloete. Gimba het ‘n ongelooflike rugbybrein en hy is in druk situasies kalm. Ons is al vyf jaar saam in die koshuis, so ons ken mekaar se in’s en out’s.
Hoe is die samestelling van die span vir Groot Interjol? Is daar enige beserings?
Daar is verseker ‘n verassing of twee en gelukkig het ons geen beserings nie.
Is julle gelukkig met julle resultate as span die jaar?
Mens sal nooit tevrede wees as jy wedstryde verloor nie, maar ons as span het vir mekaar gesê daai wedstryde is verby en ons kan dit nie verander nie. Wat ons wel kan verander is hoe ons voorberei vir die laaste gedeelte van ons seisoen en ek weet ons is op ‘n opwaartse kurwe.
Wat verwag jy van Duineveld Saterdag?
Ons glo in control the controlables en ons kan net ons eie spel Saterdag beheer, so ons fokus nie op die oposisie nie.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek gaan na skool in ‘n meganiese rigting, want my droom is om ‘n millwright te word.
Lees die Groot Interjol se spesiale AWSUM-uitgawe aanlyn hier.