[Onderhoud] Mianke Burger: o.19A netbalkaptein van HS Duineveld
AWSUM het met Mianke Burger, Hoërskool Duineveld se o.19A netbalkaptein oor Groot Interjol gesels.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ons het 30 April aan die Sentraal o.19 sporttoernooi te Bloemfontein gaan deelneem en ‘n vyfde plek behaal. Nog ‘n hoogtepunt was ons Klein Interjol oorwinning.
Hoe motiveer jy jou span?
Ek het ‘n groot passie vir netbal en ek het baie vertroue in my span en deur my passie te leef, sien jou span dit raak en dra dit tot die motivering by. Baie mense motiveer met quotes, maar deur net elke persoon op die veld emosioneel te ondersteun en by te staan, is hoe ek my span motiveer en om in die oomblik te leef, sodat die game van netbal geniet kan word.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Ons het nie ‘n amptelike onderkaptein nie, maar Beané en Marli het altyd gereed gestaan wanneer dit nodig was en ek kon altyd na hulle gaan vir raad – hulle het my grotendeels deur die jaar ondersteun.
Hoe is die samestelling van die span vir Groot Interjol? Enige beserings?
Daar het dinge deur die jaar gebeur wat dit laat lyk of ons sal wil gaan lê, maar met die span wat ek agter my het en wat ons al saam bereik het, staan ons op en kom net sterker na elke terugslag terug. Ons span sal opstap soos altyd, dieselfde kinders, dieselfde energie en dieselfde passie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Vandat die jaar se sport begin het, was my groot droom om top 10 by die SA Skole – toernooi te eindig en Groot Interjol te wen.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek gaan Geoktorieerde Rekenmeester te Potchefstroom studeer en wil graag verder netbal speel.
Lees die Groot Interjol se spesiale AWSUM-uitgawe aanlyn hier.