[Onderhoud] Bea Engelbrecht: o.19A netbalkaptein van HS Upington
AWSUM het met Bea Engelbrecht, Hoërskool Upington se o.19A netbalkaptein oor Groot Interjol gesels.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Die Waterkloof-toernooi wat ons aan die begin van die seisoen gespeel het was defnitief `n hoogtepunt, om te kon sien hoe goed ons teen groot skole kan kompeteer en ons het daar, tussen al die skole, die prys gekry vir die span wat die meeste doele aangeteken het.
Hoe motiveer jy jou span?
Defnitief deur te ‘lead by example’ en so nou en dan ‘n paar harde woorde.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Vivi Mbiza. Sy is gelukkig ook baie passievol oor netbal. Haar grappies en dans moves bring ‘n lekker en ontspanne atmosfeer wanneer ons dit nodig het. Met haar motivering ook, vul ons mekaar goed aan.
Hoe is die samestelling van die span vir Groot Interjol? Is daar enige beserings?
Ons groep lyk nog heel jaar baie dieselfde. Ons ondersteun mekaar ontsettend goed en is baie opgewonde vir wat voorlê.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons wil ons laaste wedstryd goed afsluit en weereens bewys ons is die skool met die beter sportmangees. Dit sal my trots maak as ons span met glimlagte van die baan af kan stap.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek gaan by die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Lees die Groot Interjol se spesiale AWSUM-uitgawe aanlyn hier.