[Onderhoud] Eljani Louw: o.19A hokkiekaptein van HS Duineveld
AWSUM het met Eljani Louw, Hoërskool Duineveld se o.19A hokkiekaptein oor Groot Interjol gesels.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Die oomblik toe ons besef ons is ook `n Premierspan na ons wedstryd teen Bellville.
Hoe motiveer jy jou span?
Deur positief op die veld te wees. Ek motiveer hulle ook om nooit op te gee nie en altyd hul beste te gee.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Ons onderkapteine is Aneli Groenewald en Twané de Beer. Hulle ondersteun my as daar besluite geneem moet word en hulle vul my swakpunte aan.
Hoe is die samestelling van die span vir Groot Interjol? Is daar enige beserings?
Ek sal sê ons span het `n hoogtepunt bereik en ons speel nou beter as ooit as `n eenheid saam. Ja, ongelukkig is daar beserings in ons span.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Om jong hokkiespelers te inspireer, om volle potensiaal te bereik en ook om te sien hoe ons saam deur dik en dun die laaste wedstryd aanpak.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek wil in Potchefstroom studeer en ek sal graag my hokkie wil verder vat.
Lees die Groot Interjol se spesiale AWSUM-uitgawe aanlyn hier.