[Onderhoud] Narike Hoft: o.19A hokkiekaptein van HS Upington
AWSUM het met Narike Hoft, Hoërskool Upington se o.19A hokkiekaptein oor Groot Interjol gesels.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ons span se hoogtepunt vir die seisoen is defnitief dat ons baie goed gevaar het met die Noord-Suid toernooi in Worcester, en dat ons sover baie goed in ons liga wedstryde gedoen het.
Hoe motiveer jy jou span?
Ons span sal altyd gemotiveer word deur ‘n bietjie musiek voor, en tydens opwarming. Ek en ons onderkaptein sê altyd vir die span ‘n paar woorde voor ons op die veld gaan.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by?
Jade Swanepoel is ons onderkaptein. Ek en Jade het ‘n baie goeie vriendskap en sy is altyd reg om my kop op te tel en my te motiveer, maak nie saak wat nie, sy staan altyd by my. Ek kan vir haar net duisende dankies sê.
Hoe is die samestelling van die span vir Groot Interjol? Is daar enige beserings?
Ons het hierdie jaar ‘n baie goeie span en ons is samestelling op die veld is baie goed deur ons afrigters uiteengesit. Ons almal sien baie uit na Interjol. In hokkie sal daar maar altyd beserings wees, maar niks sal ons terughou vir Interjol nie.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Ons as span sal graag die Noord-Kaap liga die jaar wil wen. Ek weet dit sal ons, maar ook ons afrigter baie trots maak.
Wat is jou planne vir die toekoms?
My planne vir die toekoms is om volgende jaar Dieëtkunde by Stellenbosch Universiteit te gaan studeer, maar ek sal verseker wil aangaan met hokkie.
Lees die Groot Interjol se spesiale AWSUM-uitgawe aanlyn hier.