[Onderhoud] Francois Charles Jeppe: o.19A hokkiekaptein van HS Upington
AWSUM het met Francois Charles Jeppe, Hoërskool Upington se o.19A hokkiekaptein oor Groot Interjol gesels.
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover?
Ons toer Worcester toe, waar ons derde in die Noord-Suid toernooi geëindig het en hoeveel ons as ‘n span op daardie toer gegroei het.
Hoe motiveer jy jou span?
Deur liewer te fokus op vordering as op onmiddelllike resultate.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan hy jou by?
Rique Slabbert, hy is gewoonlik die een wat almal kan laat lag na ‘n moeilike situasie.
Hoe is die samestelling van die span vir Groot Interjol? Is daar enige beserings?
Ons is ‘n redelike jong span sonder enige ernstige beserings.
Wat wil jul as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Om ons 2019 prestasie van 3de plek in die liga te verbeter.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Om in ‘n meganiese rigting te gaan studeer.
Lees die Groot Interjol se spesiale AWSUM-uitgawe aanlyn hier.