Uitstekende uitslae vir Hoërskool Hartswater dansers
Vyf leerders van Hoërskool Hartswater het uitstekend gevaar in die provinsiale IFAA dans proewe. Hulle gaan op 13 Augustus deelneem aan die finale nasionale proewe. Later sal hulle ook deelneem aan `n kompetisie wat sal bepaal of hulle deel sal vorm van die SA-span. Hierdie span gaan in 2023 in Spanje verder kompeteer.