Graaff-Reinet Interskole: Hoër Volkskool o.19A Rugbyspan
Kom ondersteun die eerstespan rugby Saterdag 6Augustus om 16:00 Botanies
AWSUM het met hulle afrigter Jaco van Schalwyk, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Interskole te wagte wees van julle span?
Innoverende, kreatiewe spel met hart!
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Ons is `n gebalanseerde, gedrewe en optimistiese span.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Relatief tot die grootte van ons skool en dorp is dit soms `n uitdaging om die diepte van die span te verbreed. Daarmee saam is elke speler `n individu wat nie net op fisiese vlak nie, maar ook op emosionele vlak tot voordeel van die span ontwikkel moet word.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Tradisioneel was rugby nog altyd `n groot sport by skole met `n goeie ondersteuningsnetwerk van SA Rugby en borge, so dis vanselfsprekend dat skole rugby groei. Die uitsaai van sport op digitale kanale dra ook baie by daar toe.
Hier is die 0.19A rugbyspan van Hoër Volkskool:

1 Neil Ferreira Loskopstut

2 Frikkie De Wee Haker

3 Ferdinand Serfontein Vaskopstut

4 Solirique Lewies Slot

5 Johandré Groenewald Slot

6 GP Borcherds Flank (kaptein)

7 Lliam van Heerden Flank

8 Albrecht de Jager Agtsteman

9 Keenan Grootboom Skrumskakel

10 Jemarl Minnaar Losskakel

11 Jandrey de Wee Linkervleuel

12 Diëgo Peters Binnesenter (o.k)

13 Marco Jooste Buitesenter

14 Marshall Kombella Regtervleuel

15 Eogen Adams Heelagter
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier